4 dae gelede
Dogters wil vír Rohde kom getuig
Jason Rohde  ~ netwerk24

DIE killer Jason Rohde se dogters vertrou nie die regstelsel nie.

Dié inligting het gister in die Kaapse hooggeregshof uitgekom waar getuienis ter versagting en verswaring van vonnis in Rohde se saak aangehoor is.

Rohde sit al sedert 8 November in die Polls­moor-gevangenis nadat regter Gayaat Salie-Hlophe hom skuldig bevind het aan die moord op sy vrou, Susan.

Sy is in Julie 2016 in ’n hotelkamer op die Spier-landgoed by Stellenbosch vermoor.

Matriek

Rian Perry, ’n proef­beampte, het gister getuig oor onderhoude wat hy met Rohde se dogters gevoer het.

Volgens Perry het die tweeling Alex en Josie geweier om ’n onderhoud met hom te voer omdat hulle nie die regstelsel vertrou nie.

Die tweeling het vanjaar matriek geskryf.

Rohde se oudste dogter, Kate (20), het ingestem tot ’n onderhoud al het sy dit duidelik gemaak sy glo Perry sou die inligting teen Rohde gebruik.

Foto’s

Perry het gister aan die hof verduidelik hy is onpartydig en het die misdaad se impak geëvalueer. Volgens Perry het Kate­ gesê sy sal getuig, want sy wil graag haar pa help.

Adv. Louis van Niekerk, staatsaanklaer, wou foto’s van Kate op ’n Sotheby’s-konferensie inhandig. Rohde was ’n Sotheby’s-grootbaas.

Rohde se lawyer, adv. Graham van der Spuy, het beswaar gemaak en gesê dis “sensasie.”

Die hofsaak word vandag voortgesit. – Eie verslaggewer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters