16 dae gelede
Doen julle deel, vra Eskom
An electricity pylon
Eskom het verbruikers gevra om hul kragverbruik te verminder.  ~ iStock

DIE heropening van meer sektore van die ekonomie onder vlak-3 van die lockdown gaan dié winter verdere druk op die land se kragnetwerk plaas.

Daarom het Eskom verbruikers gevra om hul kragverbruik te verminder om loadshedding te voorkom.

Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê ook dis belangrik dat verbruikers saamwerk om die kragaanvraag te verminder.

"As ons almal ons deel doen om kragverbruik te verminder, sal ons die aanvraag verminder en Eskom so help om loadshedding so lank as moontlik te vermy," sê Bredell.

Bredell sê die publiek moet hulle ook gereed maak vir wanneer loadshedding wel in werking tree.

Vir meer inligting en wenke om vir loadshedding voor te berei, besoek https://www.westerncape.gov.za/110green/energy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters