Verlede jaar
DJ Desmond mang amper oor jukebox
te raserig vir party: Desmond Louw se turf het amper oor sy musiek gesit. Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Desmond Louw – die dorp se musiekman, die man met die cool-ste sound in die dorp danksy sy jukebox – was in die sop.

Glo oor hy en sy boks so raserig is.

Son het verlede jaar berig oor Louw se liefde vir sy jukebox en hoe van die inwoners hom waardeer oor “hy ons met sy musiek opbeur”.

Louw is ’n man wat sy jaarlikse bonus vat en vir kleuterskole partytjies gee.

Nou vertel hy boos: “ ’n Inwoner wou my aanrand omdat my musiek hom gepla het.

“Dit pla dan niemand anders nie?

“Maar toe word ek aan­gegee vir rusverstoring. Nogal vir die musiek wat ek uit my jukebox speel.”

Mary May lag oor die besigheid. May sê: “Desmond is dan hier by ons net so bekend en geliefd soos tameletjies en port.

“Hy maak dan seker dat mense nie soggens verslaap nie wanneer hy werk toe kom met sy lekker musiek.”

Volgens Louw het hy wel hof geloop.

Hieroor sê hy: “Maar daar was nie ’n staatsaanklaer beskikbaar nie. ’n Polisieman het vir my gesê dit is ’n nonsenssaak dié en dat die hof nie sy tyd met sulke onbenullighede sal mors nie.

“Later is die saak uitgegooi, maar ook eers nadat ek ’n lawyer moes aanstel.”

Intussen is Louw terug op die straat met sy voorliefde vir jukebox-musiek.

En baie inwoners is nou happy omdat DJ Desmond weer op die lug is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters