5 dae gelede
‘Dít verwag ek nie van haar’
kop aangesit: Michelle en André Ford moes maar met Jan Tuisbly se karretjie ry nadat hulle na bewering deur Crescenda Meyer ingeloop is.Foto: peter abrahams  ~ 

AL HOE meer mense kom nou na vore wat beweer hulle is ook deur die reisagent Crescenda Meyer ingeloop.

Kamielah Richards van Ocean View is die jongste beweerde slagoffer van Meyer­, die eienaar van Breakaway­ Travel.

Richards het haar boeglam geskrik toe dit haar ore bereik het dat Meyer vir bedrog toegekap is.

Dít nogals vir ’n holiday trip wat sy vir ’n couple, Michelle en André Ford, moes boek.

Richards het aan Son vertel nadat sy van Meyer se beweerde skelmstreke gehoor het, het sy dadelik die hotel, lugdiens en cruise-maatskappy gebel om te hoor of Meyer wel haar holiday geboek het.

Tot haar skok moes sy hoor dat haar naam nêrens verskyn vir ’n booking nie.

Sy vertel: “Ek weet nie hoe om te voel nie. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.

praat uit: Michelle­ en André Ford het Crescenda Meyer expose.FOTO’S verskaf

“Ons was veronderstel om die 18de Desember te vlieg.

“Daarna sou ons op ’n boat cruise na Mosambiek gaan.

“Ek het die trip vir my familie gereël oor dit my ouers se anniversary en my ma se verjaardag is. Dit het my ’n hele R36 000 gekos.”

Richards sê sy is teleurgesteld dat Meyer haar so ’n lelike streep getrek het.

Volgens haar het sy en Meyer voorheen saam gewerk.

Richards sê: “Ek het nooit gedink dat dit sou gebeur nie.

“Nou moet ek my ouers gaan sê ons gaan nie meer op holiday nie.”

Richards sê sy is van plan om ook ’n bedrogsaak teen Meyer te maak.

Tammy Hunt, die besturende direkteur van E-Travel, het aan Son bevestig dat hulle alle bookings van Meyer­ geadministreer het.

Volgens Hunt sit hulle nou met R400 000 skuld omdat Meyer glo die bedrag uit die College of Cape Town se rekening getrek het.

Hunt sê Meyer moes ’n trip vir ’n larnie skool in Nuweland boek en het vermoedelik die geld opgeëet.

Sy verduidelik: “Ons vermoed sy het self die geld by die ouers gekollekteer.

vermeende con: Crescenda Meyer het na bewering verskeie mense se holiday trips gespoil.

“Sy kon toe nooit vir die kaartjies betaal nie.

“Sy het toe die College of Cape Town se kaart gebruik om daarvoor te betaal.

“­ ’n Maand ná die betaling het die kollege ons gebel en gevra waarvoor hul kaart gebruik is.

“Ons het toe agtergekom sy het die kaart gebruik.”

Hunt sê dat hulle toe daarvoor verantwoordelik was om die lugdiens te betaal en die College of Cape Town op die ou einde hul geld terug te laat kry.

’n Woordvoerder van die polisie, AO Joseph Witbooi, sê dat hulle in dié stadium­ nie die baie sensitiewe­ inligting kan deel nie oor dit die saak kan belemmer.

Meyer beplan om vandag ’n borgtog-aansoek in die Wynberg-landdroshof te bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters