8 dae gelede
Dis wraggies ’n hondelewe
onwaar: Khaya Magaxa was gister tjoepstil oor die beweringe. Foto’s: melinda stuurman  ~ 

GESKORS – omdat hy die waarheid gepraat het?

Dat Khaya Magaxa, acting Wes-Kaapse ANC-voorsitter, bruin mense ’n klomp honde genoem het?

Wat ook al die geval, Sammy Claassen, ANC-raadslid van die Bergrivier-munisipaliteit, is voorlopig hondehok toe gestuur hangende­ ’n dissiplinêre verhoor.

bevraagteken: Billy Claasen, ’n ANC-raadslid, sê hy weet nie hoekom Sammy Claassen leuens versprei nie.

Maar ’n woedende Sammy­ hou vol: “Magaxa hét dit op ’n verkiesingskonferensie gesê.”

Toe joernaliste gister in ’n mediakonferensie vir Magaxa­ daaroor uitvra, het hy nie eers ’n blaffie gegee nie. “Geen kommentaar.”

Faiez Jacobs, provinsiale ANC-sekretaris, sê in ’n brief aan Sammy die besluit om hom te skors is daarop gebaseer dat hy Magaxa “valslik en kwaadwillig van rassediskriminasie beskuldig het”.

“Dis belaglik en absurd dat hulle my sonder enige ondersoek of prosedure skors!’’ het hy teruggekap.

“Dit wys net die Wes-Kaapse ANC-leierskap is onwillig om Magaxa te ondersoek.’’

Dan mag hy in die openbaar nie eens kommentaar lewer nie. “Is hulle bef*k? Is hulle bedonnerd?”

Billy Claasen, ook ANC-raadslid van die Bergrivier-munisipaliteit, beweer Sammy praat nonsens. As Magaxa dit gesê het, sou hy wat Billy is, dadelik opgestaan en gepraat het.

“Ek weet nie hoekom doen comrade Sammy die ding nie.

“Ek weet nie hoekom wil hy die organisasie skade berokken nie.”

Billy reken dis baie opportunisties van Sammy.

Hy wonder of die comrade­ dalk sy eie party wil stig. Dan moet hy waai en nie die organisasie skade berokken nie, meen Billy.

Heel voorspelbaar stem hy natuurlik “heeltemal saam” met die besluit om Sammy te skors. Dis moes lankal gebeur het, sê hy.

Ebrahim Rasool

Ebrahim Rasool, leier van die ANC-verkiesingsveldtog, sê hy’t van die begin af geweet daar steek geen waarheid in Sammy se beweringe nie.

Vraag is: Hoe sou hy kan weet? Was hy daar? Nee.

“Toe ek dit in die media gelees het, het ek geweet comrade Khaya sal nooit so iets sê nie.” Hy ken sy comrade Khaya after all al 30 jaar.

Dan onthou Rasool hopelik ook nog hoe die ANC in 2001 – onder sy leierskap – ’n hoogs omstrede advertensie in die Argus geplaas het. Bruin mense wat vir die DA stem, sal “coconuts­” wees.

Seker nie heeltemal so erg soos honde nie… Maar praat nou van die Wes-Kaapse ANC harm.

As die wafferse hond se stert kondig Jacobs nou ewe aan hy gaan die DA dagvaar omdat die DA Sammy se leuens oor hom versprei het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters