9 dae gelede
Dis sulke tyd
DAAR GAAN HY: Pres. Cyril Ramaphosa kry gister die entstof teen Covid-19 by die Khayelitsha-distrikshospitaal.  ~ GCIS

“DIS ’n mylpaal.”

Pres. Cyril Ramaphosa en die nasionale minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het gister die Covid-19-entstof die groen lig gegee.

Albei leiers was gister van die eerste mense in Suid-Afrika wat die Johnson & Johnson-entstof by die Khayelitsha-distrikshospitaal gekry het.

Gesondheidswerkers wat aan die voorpunt in die stryd teen die corona-virus-pandemie is, kry voorkeur om die entstof te ontvang.

Die entstof het gisteroggend vroeg in die Kaap geland nadat dit Dinsdagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in ontvangs geneem is.

Altesaam 80 000 units van die entstof het Dinsdag in die Kaap opgedaag.

Vyf gesondheidswerkers het voor Ramaphosa en Mkhize die entstof ingespuit gekry.

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Noma­french Mbombo, het geweier om die entstof te kry.

Mbombo, ’n gekwalifiseerde en voormalige verpleegster, glo die gesondheidswerkers moet die entstof eerste kry.

Die nurse Zo­liswa Gidi-Dyosi was heel voor in die ry om haar dosis te ontvang.

Ramaphosa sê hy was eers ’n bietjie skrikkerig vir die “lang naald”, maar volgens hom het die vaccina­tion goed verloop.

Hy het kalm gelyk en met personeellede grappies gemaak voordat hy die vaccine gekry het.

AAN DIE SPITS: Die verpleegster Nombini Ndzishe van die Luvuyo-kliniek in Khayelitsha kry gister die vaccine. Foto: Anele Mfazwe

Die president het later gesê: “Ek moet sê, ek was eers bang vir hierdie lang naald wat in my arm gedruk sou word.

“Dit het egter so gou gebeur. So maklik. Dis net ’n prik in ’n mens en ek het nie baie pyn gevoel nie.

“Hierdie dag verteenwoordig ’n regte mylpaal vir ons as Suid-Afrikaners.

“Uiteindelik is die entstof hier.”

Versprei

Ramaphosa moedig landsburgers aan om die vaccine te gaan kry, want dis veilig.

Hy vra verder dat mense ophou verkeerde inligting rakende die entstof versprei.

Mkhize sê sowat 40 miljoen Suid-Afrikaners sal na verwagting die vaccine kry.

Volgens hom sal die entstowwe oor die volgende paar weke in bondels van 80 000 aanland.

Oorwin

Mkhize laat hoor: “Hierdie is ’n baie trotse oomblik. Ek wil ook die gesondheidswerkers, wat aan die voorpunt van die pandemie staan, bedank vir hul harde en onbaatsugtige werk.

“Hulle het nog geen oomblik opgehou in die stryd om die pandemie te oorwin nie.

“Ons kanse om die virus te oorwin, word ál hoe sterker, hoe meer van ons die entstof kry.”

Die aankoms van die Johnson & Johnson-entstof kom kort nadat die nasio­nale regering die toediening van die Astra­Zeneca-entstof op ys gesit het.

Dit het gevolg nadat navorsing aangedui het dat dié vaccine nie so effektief is teen die Covid-19-variant wat laat in Oktober hier in Suid-Afrika te voorskyn gekom het nie.

Die regering het die 1 miljoen dosisse van die AstraZeneca-entstof wat hy aangeskaf het, aan die Afrika-Unie (AU) geskenk, sodat dit aan ander Afrika-lande wat nié die Suid-Afrikaanse variant het nie, gegee kan word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters