Verlede maand
‘Dis onse waarheid’
princess: Princess Gopi sê sy sal nooit oor ’n man so aangaan nie.Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

“NOU is Jubie se Barbies in die k*k vir sy k*k.”

Twee van die beskuldigdes in die nurse-poo-saak het eindelik hulle stilte verbreek oor hoe hulle oor die hele strontstorie voel.

Princess Gopie en Portia Jonkers sweer hulle het nie voor die morsige geval saam met Miemie gepraat nie.

Elizabeth “Miemie” Wil­liams was die talk van die town toe sy in ’n video verskyn het waarin sy haar berk se vermeende jolmeid hondestront gevoer het as punishment vir dié twee se sleggeid.

Gopie en Jonkers is ook gearresteer oor hulle ’n rol in die voorval gespeel het.

Maar dié twee sê hulle is self victims in die hele drama. Hulle beskryf die voorval as ’n disgrace.

Gopie verduidelik: “Daai dag het ons vir Dienkie gaan soek om ons naels vir my broer se wedding te doen. Toe sien ons Miemie aankom en toe gryp sy Dienkie weg.”

Jonkers stem saam: “Ja, ons het haar nie gelok nie. Ons was nie eens daar toe dit gebeur nie.

“Miemie het dan ná die tyd na my ook gekom en wou my ook invoer, maar ek het nee gesê en toe choke sy my met ’n hondeketting.”

Maar volgens Williams se familie is dié storie ’n spul stront.

Hulle beweer Gopie en Jonkers het die jol-stories aangedra en hulle sou elk R200 betaal word om Dienkie met tik te lok.

Maar die twee deny dit.

Gopie verduidelik: “Almal het van Jubie se hoerdery geweet. Sy het lankal geweet en jy kan nog nooit só aangaan oor ’n man nie.”

Jonkers voeg by dat Dienkie ’n spesiale plek in Jubie se hart gehad het.

“Hy sal nooit Miemie terugvat nie. Ons weet dié dinge omdat hy ons sy Barbies genoem het.”

“Ja, en nou is sy Barbies in die k*k vir sy k*k,” sak Gopie af.

barbie: Portia Jonkers sê sy is happy omdat sy weet sy’s onskuldig. Foto: JONATHAN LESTRADE
beskuldigde: Desmond Alexander is Dinsdag gearresteer.
hardloop: Amber Booysen het glo ook stamps opgeplak.
eet: Dinkie skuil in haar huis.

Die storie het ’n twist gekry toe Laurentia Morkel, staatsaanklaer, die hof inlig dat Williams se werksplek, die Tygerberg Hospitaal, haar bedanking reject het.

Volgens Morkel is dit omdat die hospitaal Wil­liams, wat in die teaterafdeling gewerk het, self wil dissiplineer.

Hulle sal die saak ook na die verpleegstersraad vat.

Daar sal die raad ’n besluit neem of Williams van die verpleegsterrekords geskrap gaan word.

Ingegee

’n Voëltjie het in Son se oor gefluit dit gaan oor die medisyne wat Williams haar slagoffer ingevoer het.

Volgens konst. Greg Sylvester, ondersoekbeampte, het sy aborsiepille vir Dienkie ingegee – soveel so dat sy vir dae lank gebloei het.

Williams moes toe weer sak en pak terug selle toe loop toe die saak tot Maandag uitgestel is.

Nog twee ander medebe­skuldigdes, Amber Booysen en Desmond Alexander, is ook tydens die saak in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters