8 maande gelede
Dis net die begin, sê Cele
Mark Lifman kom Dinsdag by die Kaapstadse landdroshof aan.  ~ Peter Abrahams

BHEKI Cele, minister van polisie, het die arrestasies van drie vermeende dikdinge van die onderwêreld verwelkom, berig News24.

Mark Lifman, Jerome "Donkie" Booysen en William Stevens het Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof op klagte van moord, sameswering om moord te pleeg en geldwassery verskyn. Hulle is elk op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Die staat beweer hulle was betrokke by die moord van Brian Wainstein.

Cele sê aan News24 die arrestasie is maar net die begin van die polisie se pogings om misdade in die Kaapse onderwêreld vas te vat.

Hy sê dit is een van die fases in 'n deurlopende ondersoek na afdreiging, dwelmhandel, bedrog, korrupsie en geldwassery.

Cele sê misdade in die onderwêreld ondermyn die staat en is 'n bedreiging vir die voortbestaan van plaaslike ekonomieë.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters