4 dae gelede
‘Dis nes Sodom’
sdvFoto:  ~ 

“ONS is besig om ons toekoms te vermoor.”

Dis die algemene gevoel onder gemeenskapsaktiviste op die Kaapse Vlakte.

Nadat die jaarlikse misdaadstatistieke dié week bekend gemaak is, het dit rugbaar geraak dat laities in die Wes-Kaap die onveiligste in Suid-Afrika is. Binne ’n jaar is 279 kinders vermoor.

Kwaad

Suster Magda Kleyn, voorsitter van die Tehillah-sentrum in Elsiesrivier, bevestig vanjaar het gerook gegaan.

Kleyn, wat mishandelde vroue en kinders by die sentrum inneem, sê sy is kwaad omdat daar nie genoeg beskerming vir hulle is nie.

“My ma is mishandel. Ekself is mishandel. So, ek ken die gevoel!” vertel sy.

“As jy uitpraat, luister niemand.

“Dis hoekom die moordsyfer so hoog is.”

Sy glo die syfer sou laer gewees het as die probleem vroeër aangepak is.

Kleyn sê die probleme vererger weens die hoë getal hawe­lose ma’s en kinders wat op straat bly.

“Dit lyk soos Sodom en Gomorra en dis ons kinders wat suffer.”

Lucinda Evans, woordvoerder van die nasionale liggaam van die gemeenskapspolisiëringsforum, glo ook die syfers sou laer gewees het as meer vir vroue en kinders gedoen is.

Evans sê dis hoekom hulle so lank vir die aanstelling van ’n kinder­kommissaris veg.

“Ek sal dit nie ontken nie. Dinge is erger, veral misdaad teen vroue en kinders.

“Ek is skoon bereid om ’n hemp met die woorde ‘Cape Town is Dangerous for Women and Children’ te dra.

Evans sê dis die nasionale minister van polisie se plig om te kyk hoe hulle hulle game kan verbeter om kinders en vroue te beskerm.

Die twee aktiviste stem saam dat as rolspelers hulle werk reg doen, dinge anders sou gewees het.

Hulle doen ’n beroep op die nasionale minister van maatskaplike ontwikkeling om te kom kyk wat op die Kaapse Vlakte aangaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters