25 dae gelede
Dis bont teen blou
genoeg is genoeg: Die polisie monitor die betogers.  ~ 

HULLE is moeg om hostage gehou te word in hulle eie huise.

Moeg van die gangsters wat hulle kinders se lewe omkrap met dwelms en geweld.

Nou wil die gemeenskap van Bonteheuwel ’n einde maak aan wat hulle die “korrupte verhouding tussen die polisie en gangsters” noem.

Gister het honderde inwoners traffic tot stilstand gedwing toe hulle vreedsaam betoog het teen bendes.

Saamgedrom

Maar dinge het gou violent geraak toe die cops die mense met skokgranate bestook.

Die mense sê hulle is gefrustreerd omdat die polisie hulle nie wil bystaan in hul fight teen die bendes nie.

Meer as 500 inwoners het in Jakkalsvlei-laan en Bluegumstraat saamgedrom en betoog “sodat ons plight raakgesien kan word”.

Teen 08:15 het die cops die mense gevra om uiteen te gaan. Toe hulle nie wou nie, het cops stun grenades tussen die skare ingegooi.

’n Granaat het die 58-jarige Feroza Cassiem gewond toe dit in Jakkalsvlei-laan tussen haar bene te lande gekom het.

“Ons was kalm. Niemand het enige iets aan die polisie gedoen nie. Hulle het onbeskof met ons geraak. Dit was nie nodig nie. Ons het in peace gekom en dan doen hulle sulke goed aan ons. Dit resolve niks nie,” sê Cassiem.

Verder af in die straat het ander inwoners die pad vol gestaan. Die mense het uitgevaar teen swak diens van die cops.

Daar is ook gevloek op die plaaslike raadslid Angus Mckenzie toe hy opdaag.

“Mckenzie se p**s, Mckenzie se p**s, ons soek jou nie hier nie!” is op hom geskree.

“Ons is gatvol vir sy leuens. Hy maak empty promises, net soos die skelm polisie wat in ons gemeenskap werk,” het ’n betoger afgesak.

“Dit lyk my hulle wil net doen wat húlle benefit.”

Mckenzie het nie die gemeenskap toegespreek nie.

Toe daar weer ’n bietjie kalmte kom, het een van die organiseerders, Hen­riette Abrahams, ’n memorandum aan die bevelvoerder van die Bishop Lavis-polisiestasie, brig. Christopher Jones, oorhandig waarin al die gemeenskap se concerns uitgelig is.

Abrahams sê die gemeenskap eis meer sigbare poli­siëring by skole.

Hulle vra dat die cops nog hulpbronne moet kry en dat spesiale polisie-eenhede hier ontplooi word. Die mense het die cops ’n maand gegee om dié goed te doen.

“Ons demand ook meer polisie, metropolisie en law enforcement by misdaad hot spots,” sê Abrahams.

Hierdie hot spots sluit bushaltes en treinstasies in.

“Daar moet ook optrede en suksesvolle prosecutions teen druglords kom,” eis sy.

“Ons kan nie meer die mense wat ons gemeenskap afbreek, duld nie. Ons het die reg om in vrede te lewe. Die geweld moet nou end kry.”

genoeg is genoeg: Die polisie monitor die betogers.
hoor ons: Dié betoger se boodskap is duidelik.
Shutdown: Die gemeenskap het die strate toegemaak.Foto’s: PETER ABRAHAMS
hoor my: Qaasim Ishak (9 maande) soek veiligheid.Foto: Jonathan Lestrade
stop nou: Die mense dans om hulle boodskap oor te dra. Foto: Jonathan Lestrade

Aangekla

Intussen is twee mans en ’n vrou gearresteer vir openbare geweld. Hulle is weer gistermiddag op ’n waarskuwing vrygelaat.

Dit is nog onduidelik of hulle aangekla gaan word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters