27 dae gelede
Dikding (38) vol lood gepomp
TONEEL: Die vermeende bende-kingpin is in sy kar afgemaai.  ~ Leon Knipe

’N VERMEENDE bende-dikding is Maandag helderoordag in sy motor afgemaai.

Die 38-jarige man is verskeie kere agter die stuurwiel van sy silwerkleurige VW raakgeskiet. Hy is op die toneel dood.

Nog ’n man (48) wat in die motor was, is gewond.

Die voorval het omstreeks 15:40 in Ryburglaan, Hanover Park, plaasgevind toe twee mans op die motor losgebrand het.

Dit kom nadat drie mense ook Sondag in afsonderlike skietvoorvalle in Hanover Park doodgeskiet is. Dis egter onduidelik of dié skietery met die ander verbrand hou.

Volgens Kashiefa Mohammed, ’n gemeenskapswerker in Hanover Park, raak die skietery net al hoe erger

Genoeg

Mohammed sê: “Amper elke week word daar iemand doodgeskiet.

“Ons het nou genoeg gehad van die moorde en gangsters.”

Sy het ook haar ontevredenheid met die Philippi-polisiestasie se cops uitgespreek wat nie na hul klagtes luister nie.

  • Kort voor dié moord is nog ’n man agter die stuur doodgeskiet. Die man (24) is in sy swart Opel geskiet.

Die voorval het omstreeks 14:40 op die hoek van Sheffield- en Eislebenstraat in Philippi-Oos plaasgevind.

Onbekende mans het die man agter die stuurwiel van sy motor vol gate geskiet.

Volgens kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog gearresteer nie en die motief vir die moord is onbekend.

Intussen bevestig die cops hulle ondersoek die twee moordsake.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters