Verlede maand
Dienkie ‘nou in lover se kloue’
Elizabeth “Miemie” WilliamsFOTO’S verskaf  ~ 

TERWYL Miemie in die mang is, is Dienkie na bewering in die kloue van eersgenoemde se boyfriend.

Elizabeth “Miemie” Williams­ is toegesluit oor sy haar boyfriend se vermeende jolmeid, Dienkie, na bewering haar honde se stront laat eet het.

Nou het die boyfriend, ’n lid van die 28’s-bende, Dienkie na bewering gevange geneem.

Toe Dienkie se identiteit bekend gemaak is nadat die poo-video viral gegaan het, het sy spoorloos verdwyn.

’n Ingeligte het aan Son gesê die 28 en sy manskappe wil haar laat overdose sodat sy stil gemaak kan word en die nurse sodoende kan loskom.

Williams staan tereg op klagte van intimidasie, aanranding met die doel om ernstig te beseer en naamskending.

Die informant vertel: “Dead men tell no tales­. So, haal hulle haar uit, dan is daar geen getuies.

“Hulle plan was eers om haar te kry om die saak terug te trek, maar toe hoor hulle dit hang nie van haar af nie. Hulle wil hê dit moet lyk asof sy ’n overdose ingekry het.”

Die informant sê Dienkie lyk al klaar soos ’n zombie.

Die persoon verduidelik: “As sy dood is, beplan hulle dat Miemie vir die hof moet sê dit was nie regte poo nie en hulle het maar net ’n joke gemaak.

“Die hof kan mos nie ’n video aanvaar as hulle nie regtig weet wat dit was nie. Die agge is baie slim. As Dienkie nie getuig nie, kan die hof vir Miemie niks maak nie.

“Miemie kan maar net haar werk verloor.”

Nadat Williams self in haar video gesê het sy het Dienkie vir vigs laat toets en ’n aborsiepil laat sluk, het dit uitgekom haar huis lyk soos ’n hospitaal van binne.

Die informant sê: “As sy al klaar al daai goed in haar huis het, wil ek nie weet wat nog daar is nie.”

Dienkie is nog nie as vermis aangemeld nie. Haar ouma, Sally van Niekerk, het net nadat sy vermis geraak het aan Son gesê sy tik en is baie stout. Sy het vertel Dienkie bly op die pad en kom nie huis toe nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters