26 dae gelede
Deurbraak gemaak in Kinnear-saak
Lt. Kol. Charl Kinnear  ~ Foto Verskaf

DIE Valke het 'n deurbraak gemaak in die moordsaak van lt. kol. Charl Kinneaar.

'n Verdagte is Dinsdagaand om 22:00 by sy huis in Springs, oos van Johannesburg, gearresteer.

Daily Maverick berig die verdagte is die seun van 'n oudpolisiekolonel. Hy is vir ondervraging ingeneem en sal na verwagting Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn. 

Die verdagte is na bewering gevra om Kinneaar se bewegings voor sy moord dop te hou.

Kinnear, speurhoof van die polisie se teenbende-eenheid, is verlede week voor sy huis doodgeskiet.

Luidens die polisieverslag is hy vyf keer in sy bolyf geskiet.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters