2 jaar gelede
Depressie hou hom gyselaar
vas: Beven Abrahams word deur die cops uit die gebou begelei na hy homself oorgegee het.Foto: Melinda Stuurman  ~ 

DIE Capitec gunman is erg depressief en sy finansiële verlies het tot die hostage-drama gelei.

Beven Abrahams het Vrydag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van verset teen arrestasie en van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Hy was allesbehalwe die sterk, netjies geklede man wat die cops Woensdag gearresteer het.

Hy het bedwelmd voorgekom en kon skaars op sy voete staan.

Abrahams het sy kop regdeur sy verskyning vasgehou.

Die landdros wou weet wat fout is met hom, waarop sy prokureur, Kirvin Adams, gesê het hy het angs en drink pille vir depressie.

Adams het verduidelik die medikasie is te laat aan sy kliënt gegee.

Hy het toe ook sommer gevra dat Abrahams ’n distriksgeneesheer sien.

Hy het ook die landdros gevra dat sy kliënt in die hospitaalafdeling van die Goodwood-gevangenis aangehou word.

Buite die hof het Adams aan Son gesê sy kliënt het vroeër in die selle flou geword.

Abrahams se suster wou nie haar naam genoem hê nie, maar het gesê haar broer kou die laaste ruk harde bene.

Sy het ook bevestig hy het baie geld verloor, soos Son vroeër berig het.

Sy vertel: “Mense skuld hom geld en investments het skeefgeloop.

“Toe my ma sowat ’n maand gelede sterf, het hy dit heeltemal verloor. Hulle twee was baie na aan mekaar.”

Volgens Abrahams se suster het hy sy werk as metro-polisiebeampte weens ’n rugprobleem verloor.

Sy sê haar broer het al verskeie rugoperasies ondergaan, maar hy bly sukkel met geweldige pyn.

Tog sê die suster sy was geskok oor Abrahams se hostage stunt.

Sy sê: “Ons praat elke dag en hy het niks vir my gesê nie.

“Ons moes nog daardie dag gepraat het, maar ek het niks van hom gehoor nie.

“Die polisie het my later in kennis gestel dat hy by Capitec is.”

Abrahams verskyn weer Vrydag vir ’n aansoek om borgtog.

Die staat het aangedui hy sal nie borgtog teenstaan nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters