14 dae gelede
Denel-8 het weggesmelt
in trane: Stephnie Sedgwick huil toe sy hoor die werkers het in die ontploffing weggesmelt.  ~ 

DIE victims van die massiewe ontploffing by Denel het basies weggesmelt in hitte van 2 000 °C.

Dit het uitgekom op ’n meeting van ontevrede inwoners Dinsdagaand in Macassar.

“Die leuens moet ophou. Ons soek ’n commission of enquiry,” het van die inwoners verklaar.

Die vergadering is byeengeroep ná Maandagmiddag se tragedie waarin ag werkers van Rheinmetall Denel Munition (RDM) in ’n ontploffing by die aanleg dood is.

Ses van die werkers was van Macassar, een van die Strand en die ander een van Mfuleni.

’n Groot groep mense het ondanks die reënweer na die plaaslike civic opgeruk.

Daar het hulle verwag dat verteenwoordigers van RDM hulle sou toespreek en antwoorde sou verskaf.

Maar Victor Isaacs, die local raadslid, het hulle bubble gebars toe hy gesê het RDM-personeel wou uit vrees vir hulle veiligheid nie die vergadering bywoon nie.

Isaacs het toe onder ’n groot gebrom ’n verklaring van die maatskappy voorgelees.

Hierop het ’n inwoner gesê: “Ek wil nie onnodige vure stook nie, maar daai is ’n k*k verskoning van Rheinmetall Denel oor hoekom hulle nie die meeting kon bywoon nie.

“Die maatskappy is dan in ons gemeenskap geleë en hulle kom elke dag werk toe. So, hoekom kon hulle nie na dié meeting kom nie?”

Isaacs het aan inwoners gesê dit was onmoontlik vir die werkers om die ontploffing te oorleef.

“As ’n mens na verassings kyk, word bodies teen ’n temperatuur van so 700 °C veras. Die temperatuur waaraan die werkers blootgestel was, was 2 000 °C.

“So, daar het niks van hulle vlees oorgebly nie.”

Inwoners het geskok hulle asem ingetrek.

Isaacs het voortgegaan: “Die identiteit van die werkers moet nou deur middel van DNS-toetse bepaal word en dit kan tot drie maande vat om hierdie proses af te handel.

“Al wat Rheinmetall Denel tans aan ons kan sê, is dat die ontploffing by die propellent blending-afdeling plaasgevind het, waar verskeie chemikalieë bymekaargesit word.

“Tans kan daar nie gesê word wat die rede vir die ontploffing was nie.”

please explain: Die raadslid Victor Isaacs lees namens Rheinmetall Denel Munition ’n verklaring voor.
kommer: Inwoners sê hulle soek ’n waarborg dat die redes vir die tragedie nie onder die mat ingevee gaan word nie. Foto’s: jonathan lestrade
in trane: Stephnie Sedgwick huil toe sy hoor die werkers het in die ontploffing weggesmelt.

Maar nie almal op die vergadering was hêppie nie.

“Ons soek ’n commission of enquiry,” het ’n inwoner aangedring.

“Daar kan so baie commissions of enquiry in dié land wees. So, hoekom nie een vir Macassar se mense nie?

“Ons soek antwoorde. As daar vir ons gelieg word, wil ons weet.

“Ons kan nie meer langer tevrede wees met die statements van Rheinmetall Denel nie,” het die inwoner gesê.

Rheinmetall Denel Munition is ’n na­sionale sleutelpunt.

Son verstaan sekuriteit ná die ontploffing was so tight dat reddings- en mediese personeel se selfone in en uit die perseel gecheck is om seker te maak hulle vat nie foto’s op die toneel nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters