3 maande gelede
Dele van vrou se liggaam in sakke gevind
Lynette Volschenk
Dele van Lynette Volschenk (32) se ligaam is in Bellville in swart sakke gevind.  ~ Facebook

DIE polisie het swart sakke met dele van 'n vermoorde vrou se liggaam in 'n woonstel in Bellville gevind.

Lynette Volschenk (32) se liggaam is Donderdag om 11:00 deur die polisie gevind.

Luidens Netwerk24 het bure Woensdag geluide vanuit die woonstel hoor kom, maar dit is eers toe besorgde kollegas die volgende dag gaan ondersoek instel het, dat hulle 'n man met blou handskoene binne die woonstel gekry het.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, sê die 24-jarige man is gearresteer en gaan in die Bellville-landdroshof verskyn wanneer hy aangekla word.

Die moord kom nadat 'n 65-jarige man in Mei in dieselfde kompleks vermoor is.

Hy is met 'n tou om sy lyf gevind. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters