12 dae gelede
De Lille tackle onreëlmatige aanstellings
Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur.  ~ Foto: Adrian de Kock

TALLE onreëlmatige aanstellings in die departement van openbare werke gaan getackle word.

Die minister, Patricia de Lille, het hierdie belofte gemaak kort voor haar departement se begrotingsdebat.

Volgens die eerste fase van 'n ondersoek deur die staatsdienskommissie is 11 uit 37 personeellede in topbestuur onreëlmatig aangestel.

Die kommissie bevel aan dat die aanstellings nietig verklaar word.

De Lille noem die kommissie ondersoek sowat 677 individue wie moontlik onreëlmatig aangestel is.

Jacaranda FM berig die ondersoek is nou in sy derde fase. 

Intussen het De Lille in haar begrotingstoespraak gesê tenders sal aan die publiek beskikbaar gestel word, om te bestudeer.

"Die publiek sal toegelaat word om deel te wees van die tenderproses, waar die aanbiedinge ge-evalueer word.

"Die publiek sal ook toegelaat word om in te sit wanneer suksesvolle bieërs aangekondig word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters