22 dae gelede
De Lille se regterhand sê DA boer agteruit
Mmusi Maimane  ~ Daily Sun

DIE DA is nou op die verloorpad.

Só sê ’n voormalige se­nior lid van die DA en die Kaapse voormalige burgemeester Patricia de Lille se regterhand, Brett Herron.

Hy het so gereageer op die bedanking van Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Herman Mashaba, as ’n DA-lid en DA-raadslid.

Mashaba het Maandag, ’n dag ná Helen Zille as voorsitter van die party se federale raad (FedEx) gekies is, sy bedanking bekend gemaak.

Hy sê hy het onder meer weens die party se weiering om kwessies van rasse-ongelykheid aan te spreek, bedank.

Bespiegel

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Mashaba op sy nuuskonferensie as ’n “hero” beskryf vir sy besluit om die party te verlaat.

Daar is onlangs bespiegel dat Zille in die pos van FedEx-voorsitter gesit is om Maimane op sy plek te sit.

Dit het gister gegons dat hy ook op pad uit is.

’n DA-raadslid in die Stad Kaapstad en mayco-lid vir behuising, Malusi Booi, het gister ’n foto van hom en Maimane op Twitter geplaas.

Met die onderskrif “You did your best, mhlekazi (meneer)”.

Maimane sê op sy beurt Zille sal ’n nuwe energie bring na die pos wat sy nou beklee.

Volgens hom is dit nou tyd om die party vorentoe te laat beweeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters