10 dae gelede
De Lille is weer aan die wenkant
Patricia de LilleFoto: Peter Abrahams  ~ 

DIE leier van die Good Party, Patricia de Lille, sing ’n oorwinningslied nadat sy weer ’n slag geslaan het in haar stryd om haar naam skoon te kry.

Die direktoraat van openbare vervolging (DOV) weier om De Lille te prosecute op ’n klag wat gebring is toe sy nog die Kaapse mayor was.

Een klag het verband gehou met opknappingswerk by De Lille se privaat huis in Pinelands.

Die bewering is gemaak dat die Stad Kaapstad daarvoor betaal het.

Die ander klag het te doen daarmee dat sy glo omkoopgeld sou vra.

De Lille is ná die verkiesing op 8 Mei deur pres. Cyril Rama­phosa as die nasionale minister van openbare werke aangestel.

Sy het altyd volgehou haar hande is skoon en die DA is uit op ’n heksejag teen haar.

’n DA-woordvoerder, Solly Malatsi, sê die DA gaan nie kommentaar lewer nie, want die klagte is nie deur die DA gelê nie.

Daar is egter uit DA-ge­ledere kwaai stamps opgeplak toe die beweringe gemaak is.

De Lille se regterhand en Good Party-hoofsekretaris, Brett Herron, sê die DA se blou leuens is nou ontbloot.

Suzette Little van Good wat ook ’n oud-DA-lid is, het in die sosiale media ’n beroep gedoen dat die DA-speaker, Dirk Smit, dié DA-lede ondersoek.

Smit sê gister aan Son hy wag vir die DOV se verslag voordat hy ’n besluit kan maak.

“Sodra ek dié verslag gekry en dit bestudeer het, sal ek my mind apply.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters