Verlede maand
De Lille in wolke oor water
BID: Godsdiensleiers bedank God vir die reën.Foto: peter abrahams  ~ 

DIE blessing het gekom in die vorm van reën.

Só het die Patricia de Lille, burgemeester van die Stad Kaapstad, gister op Tafelberg gesê. Die leiers van talle godsdiensorganisasies het op die berg saamgekom om vir God dankie te sê vir die milde reën.

’n Jaar gelede het De Lille godsdiensleiers gevra om vir reën te bid. “Deur al die gebede en almal wat gehelp het om water te spaar, en die damme wat voller is, gaan dinge beter, maar ons is nog nie heeltemal veilig nie. Ons damme was verlede jaar dié tyd 20% vol; nou is dit 60%.”

De Lille het gesê mense het met die droogte besef hoe belangrik water is.

Voorspel

“God het geluister na ons gebede. Die godsdiens­leiers het ’n groot aandeel daaraan.”

Sy het gesê wetenskap­likes het voorspel dit gaan minder reën, maar niemand kan sê hoeveel minder nie. “Ons moet besef klimaatsverandering vind wel plaas. Dis dalk net (die Amerikaanse president) Donald Trump wat nie daaraan glo nie.

“Ons het nou geleer hoe om spaarsaam te werk en moet voortgaan daarmee.”

Sy het die inwoners en besighede bedank vir hulle aandeel in die besparing.

Suzette Little, burgemeesterskomiteelid van area noord, het uit Jes. 45 voorgelees en gesê God het lewe gegee in die vorm van water.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters