22 dae gelede
Data ‘is evil’
Lynette Volschenk (32)FOTO VERSKAF  ~ 

DIE vermeende butcher van Bellville spog met ’n nuwe tronkbende- tjappie.

Kyle Ruiters (24) het gister weer vlugtig vir die gru-moord op Lynette Volschenk (32) in die Bellville Landdroshof verskyn.

Die voormalige Wynberg Boys High-leerder blyk nou ’n 27’s-tronkbendelid te wees na aanleiding van die tattoo tussen die duim en wysvinger van sy linkerhand.

Volschenk se opgechopte lyk is in Augustus in swartsakke in haar flat gekry. Nog sakke is in Kyle se woonstel gevind.

Hy het saam met sy aunt­ie, Theresa Ruiters, ’n lawyer, in die Seesig Woonstelle gewoon. Lynette was ook ’n inwoner van dieselfde woonstelblok. Haar kop is meters weg van die flats in ’n inkopiesakkie gevind.

Gister het Kyle kalm voorgekom. Hoewel die hof vol ondersteuners was van Volschenk en familielede van hom, het hy stip voor hom gekyk.

Die hof het gehoor dat die ondersoek in die gru-moord byna klaar is. “Ons het nuwe inligting gekry oor die inhoud van data wat van ’n laptop af kom,” het Louise Friester-Sampson, die staatsaanklaer in die saak, gesê.

Kyle se lawyer, Edward McCullum, sê: “Ons is vanoggend hiervan bewus gemaak en het nog nie kans gehad om dit na te gaan nie.”

Inligting

Volgens ’n ingeligte is daar ’n klomp “evil” goed op die laptop gevind.

Dit is nog nie duidelik of dit met die moordsaak verbind kan word nie.

Die staat en McCullum het albei gevra vir ’n uitstel om die nuwe inligting te ontleed.

Son het voorheen berig dat Kyle na bewering ’n hit list gehad het. Volschenk was ook op die lys.

Hy is in Volschenk se flat gevang waar hy na bewering besig was om die bloed toe te verf. Hy is daar gearresteer ook.

Kyle het vroeg in die saak aangekondig dat hy nie borgtog wil hê nie. Hy word in die Goodwood-tronk aangehou.

Kyle se ouers en sy grootmaakma, Theresa, was gister almal in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters