Verlede jaar
DA-ou se ‘koop huise’ ontstig
OPVOEDING: Bonteheuwel se wyksraadslid sê land invaders en protesters moet hulself onderrig, ’n werk kry en hul eie huise koop.  ~ 

GEBIEDE soos Parkwood, Siqalo en Vrygrond brand letterlik oor ’n gebrek aan behuising en land grabs.

Rdl. Angus McKenzie reken egter land invaders en betogers moet hulself onderrig.

Die wyksraadslid vir Bonteheuwel se onlangse Facebook post, waarin hy opmerk dat land invaders en protesters eerder ’n job moet kry, hul eie huise koop en nie staatmaak op iemand anders nie, het talle warm onder die kraag.

Op die post sê Rod Solomons: “Besef jy wat jy hier sê?”

Manfred McKenzie sê op Twitter: “Jy kan nie vol onkunde kommentaar lewer en oor opvoeding praat nie.”

Selfs die komediant Soli Philander het gereageer op die post deur te sê: “Ek is SO nie saam met Angus nie.”

Die speaker Stadsraad, van die Kaapse stadsraad, Dirk Smit, sê geen formele klag is nog ontvang nie.

“Wanneer ’n formele klag skriftelik ontvang word, sal elke klag volgens sy eie meriete beoordeel word.”

Son het wel betroubaar verneem die hoofsweep van die raad, Shaun August, ondersoek of die Facebook post beide die DA se sosialemedia-beleid en die gedragskode vir raadslede oortree het.

August het by navraag alle vrae na die speaker se kantoor verwys.

’n Voormalige lid van die Bonteheuwel- belastingbetalersvereniging, Trevor Jantjies, sê intussen aan Son hulle het al voorheen ’n klag by die speaker oor McKenzie ingedien en daarvan het dadels gekom.

McKenzie het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

In reaksie op navrae sê Odette Cason, die
provinsiale kommunikasie-bestuurder van die DA, daar is nog geen formele klagte teen McKenzie nie.

“Die party stem ook nie saam met die post nie omdat dit nie die party se waardes reflekteer nie.

“Die DA verstaan wel dat McKenzie probeer het om daarna te verwys dat mense gebruik maak van geleenthede om hul omstandighede te verbeter, pleks van betoog.”

Sy noem ook dit word egter nie so oorgedra nie en daarom stem die party nie saam met die post nie.

IOL berig Bonginkosi Madikizela, die DA-leier in die Wes-Kaap, wat Parkwood gister as Wes-Kaapse minister van behuising besoek het, sê hy stem gedeeltelik saam, maar verskil ook gedeeltelik met die post.

“Baie mense is weens ons geskiedenis benadeel en ons weet hoekom.

“Ek dink nie jong mense moet betoog vir huise nie, hulle moet betoog vir werk.”

McKenzie is die seun van Patrick McKenzie, die oud-minister van welsyn in Nelson Mandela se kabinet en later Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit.

Dis is McKenzie sr. wat met sy uittrede uit politiek gesê het: “Arm mense ly nou meer. Met betogings en onluste in die provinsie het ons steeds nie enige aksie deur die DA-leierskap gesien nie. Hulle (die DA) roep eerder die army as dinge warm word.”

deur die DA-leierskap gesien nie. Hulle (die DA) roep eerder die army as dinge warm word.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters