10 dae gelede
DA kies nuwe (ou) Wes-Kaap leiers
 Bonginkosi Madikizela
Bonginkosi Madikizela,,Wes-Kaapse leier van die DA  ~ son

NIE eens rumours dat hy agter n moordkomplot teen een van sy teenstanders beplan het kon Bonginkosi Madikizela se herverkiesing as Wes-Kaapse leier van die DA keer nie.

Saam met hom is Albert Fritz ook herkies as onder-leier, met Jaco Londt as voorsitter.

Tydens die party se provinsiale kongres is JP Smith, Grant Twigg en Geordin Hill-Lewis tot die posisie van ondervoorsitters verkies.

Erik Marais is as nuwe provinsiale tesourie verkies en die vier addisionele lede is Peter Helfrich, Carl Pophaim, Zimkitha Sulelo en Lorraine Botha.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters