8 dae gelede
DA kies nuwe leiers vir Weskus en Boland
da,wesstreek,koos steyn,tertius simmers
Nuutverkose voorsitter van die DA Wesstreek, Koos Steyn, saam met een van die drie ondervoorsitters, Lorraine Botha, Tertius Simmers; kandidaat vir voorsitter in die Oosstreek, en Antoinette Steyn, wie herkies is as Wesstreek-sekretaris  ~ 

DIE DA in die Wesstreek van die Wes-Kaap het Saterdag nuwe leier op Moorreesburg verkies.

Koos Steyn, 'n voormalige DA-werker, is teenoor Erik Marais, wie gestaan het vir herverkiesing, in die posisie van voorsitter verkies.

Antoinette Steyn is herkies as streeksekretaris. Sy is die burgemeester van Breedevallei-munisipaliteit en eggenoot van die nuwe voorsitter.

Vir die drie posisies van ondervoorsitter was daar 13 kandidate. Die suksesvolle kandidate was Lorraine Botha, voorsitter van die DA koukus in die Wes-Kaapse wetgewer en voorsitter van provinsiale parlement se onderwyskomitee; Marius Koen, mayor van Saldanhabaai; en Conrad Poole, mayor van Drakenstein.

Vir die vier addisionele posisies was daar 20 kandidate. Die vier verkose lede is Clara Meyer, speaker van die Kaapse Wynland-distrik; Donovan Joubert, hoofsweep van die Kaapse Wynland distrik; Olwene Daniels, speaker van Saldanhabaai; en DA LP, Chris Hunsinger.

Gert Combrink is onbestrede herkies as voorsitter van finansies.

Dr. Annelie Lotriet, kiesbeampte van die kongres, sê: "Daar was 362 afgevaardigdes na die kongres, wat bestaan het uit openbare verteenwoordigers, takvoorsitters en addisionele lede soos toegeken aan takke.

"Ons wens die verkose individue geluk en wens hulle sterkte en wysheid toe met die verantwoordelikheid om die streek te lei."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters