Verlede maand
CPUT gesluit na aand van geweld
cput,protesoptogte
Na 'n week van protesoptogte moes CPUT Bellville-kampus Vrydag hul deure toemaak.  ~ Verskaf

DIE Kaapse Skiereilande Universiteit van Tegnologie moes Vrydag sy deure toemaak. 

Dit volg na ’n weeklange geweldadige optrede deur ’n groep genaamd Feesmustfall_cput by die Bellville kampus.

Die groep eis onder meer dat alle studente wat sedert die begin van die protesoptrede geskors is weer kan klas toe gaan. 

Siya Bhola, ’n woordvoerder van die groep, sê dit is jammer dat die betogings nou gewelddadig geword het.

“Ons het ’n week gelede met die visekanselier, prof. Chris Nhlapo vergader oor ons versoeke. 

Volgens Bhola het hulle toe gevra dat CPUT se bestuur na die blyplek issue moet kyk. 

Van hulle ander versoeke was toe ook dat die universiteit die styging van fees moet hersien.

Die polisie is Dinsdag na die kampus toe ontbied, sê kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder.

Die studente het toe begin klippe gooi.”

Sewentien karre en verskeie geboue is in die proses beskadig. 

Donderdagaand is die polisie weer na die kampus ontbied. 

“Nog geboue en voertuie is gevandaliseer en beskadig in die protesaksie.”

Vier mense is in hegtenis geneem na die betoging. 

Lauren Kansley, ’n woordvoerder van CPUT, het die arrestasies bevestig. 

Intussen waarsku die Feesmustfall_cput groep dat die universiteit sal toe bly tot daar ag geslaan word op hulle versoeke. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters