Verlede maand
Covid ry vier van 'killers’
Jordan Moore  ~ Foto Verskaf

VIER van Jordan Moore se vermeende moordenaars het Covid-19.

Die sewe beskuldigdes, onder wie Braswell Rolse, Preston de Bruin, Edward Sebastian, Damian Voetpad en Fortulino Thompson en twee ander, sou verlede week in die Atlantis-landdroshof verskyn het vir Jordan (16) se moord.

Twee van die mans het voorheen aangedui dat hulle nie om borgtog sal aansoek doen nie.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), was die saak op die hofrol vir ’n formele borgaansoek.

“Dit het egter nie plaasgevind nie, want vier van die beskuldigdes is positief getoets vir Covid-19.

“Hul saak is tot 9 Februarie uitgestel.”

Son het berig dat Jordan, ’n gr. 10-leerder van Robinvale Sekondêr, op 6 November grusaam vermoor is.

Jordan en sy maats het van ’n huispartytjie af weggestap toe die groep mans na be­wering die honde op hulle losgelaat het.

Jordan se lyk is later met verskeie steekwonde en bytmerke aan sy lyf gevind.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters