20 dae gelede
Couple sterf op Nuwejaar in brand
verwoes: Elizabeth Williams en Hoosyn Jacobs het in die brand gesterf.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N COUPLE het op Nuwejaarsdag in ’n brand omgekom.

Die brand het in die vroeë oggendure by Silica Court in Hanover Park uitgebreek en verskeie wendyhuise is ver­nietig.

Die wendyhuis van Elizabeth Williams (53) en haar boy­friend, Hoosyn Jacobs (55), het ook afgebrand en albei is in die brand dood.

Daar word vermoed dat ’n petrolbom na een van die wendyhuise gegooi is.

Constant Williams, Jacobs se dogter, sê: “Hy was my stiefpa en het my grootgemaak. Ons vermoed hulle het geslaap toe die brand ontstaan het.

“Dis hartseer vir ons. Ek kan nie eens regtig eet nie. Ons het laas jaar ook twee broers kort ná mekaar verloor.”

Williams beskryf haar stiefpa as ’n stil mens wat baie vir ander omgegee het.

Die meeste van die mense het ál hul besittings in die brand verloor.

Blus

Sewe hokkies in die agterjaart by Silica Court het tot op die grond afgebrand.

Van die inwoners het die vlamme met tuinslange en emmers water probeer blus.

Daar was brandweermanne van sewe verskillende brandweerstasies op die toneel en dit het hulle meer as twee ure geneem om die vlamme te blus.

  • Nog wendyhuise en hokkies het die naweek in Lansdowne se Taiwan-plakkerskamp afgebrand. Meer as 141 strukture het afgebrand en dit het 13 brandweermanne gevat om die brand te blus.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters