Verlede maand
Cops vang skoolkind met tik
Tik: ’n Matriekgirltjie is met dié drug betrap. Foto ter illustrasie: DENVER DE WEE  ~ 

ASHTON. – ’n Matriekmeisie (19) wat nou die eindeksamen moet skryf, word deur die mang in die gesig gestaar.

Dit is oor sy met tik in haar besit betrap is.

Dié meisie is Saterdagaand deur die cops op heter daad betrap in ’n operasie.

Sy het verdag voorgekom en is deur ’n vroulike cop deursoek.

Drie banksakkies tik, met ’n straatwaarde van R550, is by haar gevind.

Die meisie se regte is aan haar genoem en sy is gearresteer.

Motor

In dieselfde operasie is ’n verdagte motor ook deur die polisie se taakspan voorgekeer.

Die verdagte het in die hoofweg afgetrek en die cops het sy motor deursoek.

Daar is toe op 18 Mandrax-tablette beslag gelê.

AO Sylvester Joseph, polisiewoordvoerder, het albei voorvalle bevestig.

Joseph sê albei verdagtes het reeds Maandag op aanklag van die onwettige besit van tik en Mandrax in die plaaslike landdroshof verskyn.

Hulle bly in aanhouding tot hulle om borgtog sal kan aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters