15 dae gelede
Cops vang ou in trok vol drugs
BINGO! Cops het op ’n massiewe besending drugs beslag gelê.  ~ Ian Baard

’N MAN (37) verskyn vandag in die Blue Downs-landdroshof nadat hy in ’n vragmotor met R30,4 miljoen se kokaïen gevang is.

Die polisiewoordvoerder lt.kol. Philani Nkwalase sê die man is by ’n vulstasie langs die N1 gearresteer.

Dit was ’n gesamentlike operasie deur die direktoraat vir die ondersoek na prioriteitsmisdaad en die Narcotics Enforcement Bureau.

Hulle het inligting opgevolg en toe op die groot besending dwelms beslag gelê.

Deursoek

Die vragmotor is Sondag in die vroeë oggendure voorgekeer.

Toe die container deursoek is, is 38 pakke kokaïen daarin gevind.

Elke pak weeg ’n kilogram.

Die voorlopige ondersoek na die saak het getoon die vrag dwelms kom van oorsee.

Lt.genl. Godfrey Lebeya­ het sy lof uit­gespreek oor die eenhede se optrede.

Hy sê hierdie groot dwelmvonds en dié van vroeër is ’n groot knou vir die dwelmhandelaars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters