22 dae gelede
KYK: Spietpop help paaie safe hou
Sukses: Richard Coleman sê hulle het nog net goeie feedback gekry. Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

IS JY dalk al vir ’n pop gevat is deur ’n fake cop langs die pad?

Elke driver ken mos daai gevoel van onsekerheid sodra hy of sy verby ’n spoedkamera of spietkop ry ...

O, wêreld! Het die ding my nou gevang of nie?

Dis daai tipe onsekerheid wat jou mal kan maak.

Maar om jou mind te ease – daai cop is dalk nie van vlees en bloed nie.

Personality

’n Fake! Ja, daar is fake cops wat mos deesdae op die Kaapse paaie diens doen.

Son het vandeesweek die mock cop van die Stad Kaapstad se verkeersafdeling ontmoet.

Die pop, wat soos ’n man van ses voet oor sy kamera toring, kan maklik vir ’n rêrige speedy aangesien word. Dit is nou as jy nie te fyn kyk vir enige perso­nality nie.

Richard Coleman, vriendelike woordvoerder van die Stad Kaapstad se verkeersdiens, verduidelik die doelwit van die pop op die Kaapse paaie is om jaagduiwels se tjank so ’n bietjie af te trap.

Coleman sê: “Wanneer mense ’n kamera of spietkop sien, is hulle geneig om af te slack.

“Dis een van die reaksies waarop ons gehoop het ... en dit werk!”

Die pop is bekend as Mock. Hy het in September 2017 begin “werk” en intussen twee identiese broers gekry wat saamwerk.

“Wanneer hulle klaar hulle ding gedoen het, kom hulle terug kantoor toe vir ‘admin-werk’,” sê Coleman.


“Dis dan wanneer ons hulle uitcheck om seker te maak hulle is nie deur die reën en weer beskadig nie.”

Volgens Coleman het die idee van ’n spietkop gekom wat oorspronklik ’n mock verkeers­motor wou maak.

Coleman sê dié sou moeilik gewees het om dit rond te skuif.

“Nou word Mock deur ons spietkops opgestel. Hy word in ’n vên gelaai en vervoer.”

Coleman sê al is die poppe op die paaie, moet motoriste nie vergeet van al die regte spietkops met regte spoedkameras op die Kaap se paaie nie.

“Daar is ook altyd ’n regte cop oorkant die mock cop.

“Mense moet nie maklik kan uitmaak wie die regte cop is nie.”

Geëerd

’n Foto van ’n rêrige spietkop is gebruik om Mock te maak.

Dié cop, wat deel van die viertal op die paaie uitmaak, wil egter nie sy naam in Son hê nie. Hy sê hy voel regtig geëerd om by so iets betrokke te wees.

“Dis my plig om ons paaie veilig te hou en dis presies wat die pop doen.”

En wat gebeur as die regte cop aftree?

Coleman sê die drieling sal nog voortgaan om die paaie veilig te hou.

“Ons dink nou ook aan idees om ’n mock van ’n vrouespietkop te maak.”

Miskien sal hulle haar she-mock noem?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters