13 dae gelede
Cops trek twee met drugs vas
DIEFSTAL: Twee mense is gevang weens looting.  ~ SAPD

WAKKER cops van Delft het twee mans (35 en 36) vir die besit van Mandrax-pille gearresteer.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, het die cops gisteroggend ’n motor by ’n voertuig checkpoint in Symphony Way in Delft afgetrek.

“Die kar is deursoek en hulle het op Mandrax-pille met ’n straatwaarde van R600 000 afgekom. Hulle is gearresteer.”

Geplunder

  • In ’n ander voorval Woensdag is ’n vragmotor in Japhta K Masemolaweg in Browns Farms gekaap.

“Daar was hoender agter in die trok. Die polisie is ingelig en twee mense is gearresteer wat die trok geplunder het.

“Nog iemand is in hegtenis geneem nadat hy die polisie met klippe bestook het. Hulle is almal tussen 17 en 28.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters