3 maande gelede
Cops soek prokkie se skieter
GEWOND: Die prokureur Jakes­ van der Merwe is in sy kar geskiet – hy’s nou in die hospitaal.  ~ Foto Verskaf

DIE cops is op soek na die vark wat ’n lawyer Woensdag helder oordag geskiet het.

Die siviele lawyer Jakes van der Merwe (53) het omstreeks 07:50 in sy kar voor sy kantore in Constantiaweg, Oranjezicht, gesit toe hy geskiet is.

’n Silwer Hyundai-kombi met vervalste nommerplate het langs die lawyer se Toyota Land Cruiser gestop en ’n man met ’n balaklawa het twee skote op hom gevuur. Van der Merwe is in die nek getref.

Die verdagte het van die toneel weggejaag.

Van der Merwe is na die hospitaal geneem, waar hy tans aansterk.

Hakke

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n saak van poging tot moord is geopen.

Dit volg kort op die hakke van ’n voormalige landdros van die Mitchells Plain-landdroshof wat Dinsdagaand voor sy huis doodgeskiet is.

Sithembele Elvis Tebe (49) het net uit sy kar by sy huis in Frederickstraat in Highbury geklim, toe hy afgemaai is.

Tebe het in November 2002 ’n motoris, Bongani Pendula, in ’n padwoedevoorval in Khayelitsha aangerand en doodgeskiet.

Vernon Jantjies (54), ’n hoë­profiel- kriminele lawyer, is ook laas jaar koelbloedig in die Plain doodgeskiet.

Jantjies is by ’n vulstasie in Lentegeur vol gate geskiet toe hy petrol ingegooi het.

In 2018 is nóg ’n kriminele lawyer, Pete Mihalik, ook in ’n vermeende hit afgemaai.

Hy het die oggend sy seun by die skool gaan aflaai toe hy in sy swart Mercedes in die kop geskiet is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters