3 dae gelede
Cops soek na skieter
Op video: Die verdagte na wie die polisie nou soek.  ~ Foto Verskaf

DIE polisie is op soek na ’n man ná ’n moord by ’n pizza-plek in Blackheath.

Die voorval het vanjaar op 15 Junie vanjaar omstreeks 9:10 by Angelo’s Pizza Place in Station Road, Blackheath, gebeur.

’n Verdagte man wat ’n motorbike helmet gedra het, het die plek met ’n gun binnegegaan. Die winkel­eienaar, Angelo Nunes, was alleen in die winkel.

Die verdagte het sy vuurwapen op Nunes gerig en verskeie skote afgevuur. Beeldmateriaal wys hoe die verdagte saam met ’n tweede verdagte op ’n motorfiets van die toneel vlug.

Enige iemand wat hom gewaar, kan lt.kol. Michael Thebus by 082 334 7486 of konst. Nkululeko Magqaza by 082 777 6898 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters