6 dae gelede
Cops slaan toe op onderdak-dagga
COSY: Hierdie dagga-lab is heel gerieflik in ’n sakepark ingerig.  ~ Foto Verskaf

TWEE verdagtes van onderskeidelik 33 en 36 jaar oud is gisteroggend in ’n intel­ligensiegedrewe operasie in Ottery vasgetrek.

Lede van die polisie se provinsiale narkotika-afdeling het omstreeks 10:45 toegeslaan by ’n besigheidspark in Ferndale-weg, Ottery.

Met behulp van die Kaapse blitspatrollie-eenheid, is ’n binnenshuise dagga-laboratorium ontdek.

Klagte

Daar is beslag gelê op allerhande uitdroogtoerusting en daggaplante van meer as R82 000.

Die twee verdagtes staar klagte van dwelmhandel in die gesig en sal môre in die Wynberg-landdroshof verskyn.

AAN’T GROEI: Daar is ook beslag gelê op dié kranige daggaplantasietjie. Foto: Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters