4 maande gelede
Cops slaan groot slag met drugs
Cops het by 'n huis in Vrygrond op Mandrax afgekom.  ~ Son

COPS van Muizenberg het Donderdagoggend op ’n huis in Vrygrond toegeslaan en op Mandrax afgekom.

Volgens Mihlali Majikela, ’n polisiewoordvoerder, het hulle inligting opgevolg en 150 Mandrax-pille in ’n kamer gekry.

“Die huis is verder deursoek en die polisie het op nog 510 Mandrax-pille en 40 halwes afgekom. Hulle het ’n 30-jarige man gearresteer.”

Majikela sê drie mense in Browns Farms is ook in drie ander voorvalle gearresteer.

Gesteelde

“Polisielede het ’n 23-jarige man gearresteer in ’n VW Golf wat gehijack was.

“Gisteraand het die Nya­nga-polisie ’n 30-jarige man in hegtenis geneem wat ’n gesteelde trailer gehad het.”

Volgens Majikela is ’n seun (17) ook gearresteer nadat hy glo ’n haarkapper beroof het.

“Hulle het geld gegryp en weggehardloop. Een is gevang. Die cops soek nog na die ander ou,” sê die klaer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters