7 dae gelede
Cops skiet twee rowers dood
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Groep rowers is gearresteer nadat hulle op die polisie losgebrand het.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE gewapende rowers is Donderdag doodgeskiet nadat hulle spaza shops in Malmesbury beroof het.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, se 'n groep van nege verdagtes het om 19:30 die eienaars van twee spazas in Holomisa-straat met vuurwapens aangehou en met sigarette, kontant en airtime gevlug.

Die rowers se taxi is by 'n petrolstasie deur polisielede van Darling opgemerk.

Hulle is gevra om uit hul voertuig te klim, maar het geweier en het begin losbrand op die polisie. 

Twee verdagtes  is noodlottig gewond toe die polisie teruggeskiet het.

Ses verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 33 is gearresteer en twee ongelisensieerde 9mm-vuurwapens is op beslag gel.

Nog 'n verdagte is met 'n koeëlwond aan sy been in die hospitaal opgeneem.

Die verdagtes sal in die hof in Malmesbury verskyn sodra hulle aangekla word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters