12 dae gelede
Cops skiet ‘gangster’ naby skool dood
VERMEENDE bendelid: ’n Cop maak die lyk van die man toe. Foto: leon knipe  ~ 

NOG ’n vermeende bendelid is gisteroggend in Bonteheuwel naby die Laerskool Bramble Way doodgeskiet.

Die voorval het 07:25 op die hoek van Brackenstraat en Brambleweg gebeur.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, is die man aan die kant van sy kop geskiet en word ’n saak van moord ondersoek.

Raadslid Angus McKenzie van Bonteheuwel het gevra dat die nasionale minister van polisie en die polisiekommissaris die gemeenskap van Bonteheuwel bystaan.

“Polisiëring is die plig van die nasionale polisie en ons vra minister Bheki Cele om op te tree.

“Ons wil weer die gespesialiseerde bende-eenheid terug hê, ons soek meer mense op die grond en ons het ’n polisiediens nodig wat beter toerusting het.”

McKenzie het gesê die polisie moet pro-aktief optree.

“Buiten die bende-eenheid wat moet terugkom, is dit nodig dat intelligensie ingesamel word om die hel van die inwoners wat daar bly, te beëindig,” het hy bygevoeg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters