Verlede maand
Cops se seun ‘tereggestel’
Riaan Nel  ~ Foto Verskaf

TERWYL die Valke jubel oor die deurbraak in die ondersoek na die sluipmoord op lt.kol. Charl Kinnear, speurhoof van die teenbende-eenheid (AGU), is daar nóg ’n sluipmoord wat nou hul aandag verg.

In die jongste sluipmoord is die seun (28) van ’n polisie-egpaar in Haltweg, Elsiesrivier, doodgeskiet.

Die voorval het Woensdag omstreeks 18:30 by ’n garage in die hoofstraat van Elsiesrivier gebeur.

Die CCTV-beeldmateriaal wys hy’t op die passasiersitplek gesit toe die kar by ’n garage in Haltweg inry.

Hy spring uit en los die deur oop terwyl hy vir ’n paar sekondes in die garage-winkel verdwyn. ’n Man geklee in wat soos ’n wit hoody tracksuit lyk, verskyn in die frame en staan casually by die uitgang van die garage.

Die slagoffer klim weer in en die kar trek weg.

Voordat die kar egter by die res van die verkeer op Haltweg aansluit, skiet die man in die wit tracksuit op close range op die kar aan die passasierskant.

Beswyk

Die slagoffer is geïdentifiseer as Riaan Nel – die seun van twee polisiekapteins wat by die Bishop Lavis-opleidingskollege werk.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig.

’n Saak van moord is geopen en word deur die Elsiesrivier-polisie ondersoek.

Toe die polisie op die toneel kom, het die slagoffer reeds aan sy wonde beswyk.

Die omstandighede rondom die moord word tans deur die cops ondersoek.

Dié moord volg net ’n week ná Kinnear se moord.

Kinnear is ook op kort afstand en in sy kar geskiet.

TONEEL: Lt.kol. Charl Kinnear is voor sy huis doodgeskiet. Foto: Peter Abrahams

Kinnear se killer het ook presies geweet hoe laat hy by die huis sal wees en hy het hom ook ingewag.

Bronne meen Kinnear se steps is met ’n tracker op sy foon ge­trace.

Die man wat na bewering die tracking op Kinnear se selfoon gedoen het, is Woensdag in Gauteng aangekeer. Hy verskyn vandag in die landdroshof in Bishop Lavis.

Die Valke ondersoek tans Kinnear se moord.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, ’n woordvoerder van die eenheid, is die man in Gauteng gearresteer. “Die fyner besonder­hede rondom die moord is steeds onbekend.

“Meer arrestasies kan verwag word,” het Mulaudzi laat hoor.

Kinnear was ’n bobaasspeurder vir die polisie se eenheid teen bendegeweld en het verskeie hoëprofielsake ondersoek.

Tot sy dood was hy betrokke by die ondersoek na figure in die onderwêreld wat kuier­plekke in die middestad van Kaapstad en Gauteng uitgebuit het.

Hy was ook nie gewild onder ’n “skelm misdaad­intelligensiespan” van die polisie nie.

Verbind

Twee dae voor sy dood is Ashwin Willemse en Waylin Abdullah, twee bende­lede van Die Firm, skuldig bevind aan die dood van ’n wetstoepasser, Gregory Carelse. Kinnear het in dié saak getuig.

Dit is nog nie bekend of Kinnear en Nel se moorde verbind kan word nie (sien storie op bl. 3).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters