10 dae gelede
Cops in die Stad maar min
 ~ 

DAAR is een polisiebeampte vir elke 560 inwoners in Kaapstad.

Dit is laer as die nasionale gemiddeld van een per 369 inwoners.

Bonginkosi Madikizela, minister van menslike nedersettings, sê in 2016 was daar minstens een polisieman per 439 inwoners. Dié syfers sluit gespesialiseerde eenhede uit.

“Die gemiddelde polisie-tot-bevolkingsverhouding vir stasies met die hoogste moordsyfers en poging tot moord in die provinsie is ver buite die nasonale gemiddelde.”

In Nyanga is een beampte per 628, Delft een per 642, Khayelitsha een per 521, Kraaifontein een per 609, Gugulethu een per 590, Mfuleni een per 529, Harare een per 745, Mitchells Plain een per 472 en Bishop Lavis een per 442 inwoners.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters