8 dae gelede
Cops het ’n besige, en uiters vreemde, naweek
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die polisie het 'n ou toegekap vir diefstal uit 'n motor.  ~ Foto ter Illustrasie

IN DIÉ weird ’n’ wonderful times van die virus kry jy steeds WTF-oomblikke wat jou net jou kop laat skud.

Soos toe ’n ou vroeg Saterdagoggend in die CBD rondgedwaal het terwyl hy ’n trolley stoot. Hy is op die metro cops se CCTV system gespot waar hy die spare tyre van ’n wit Suzuki verwyder het.

Toe stuur hulle maar mense van die Central City Improvement District uit. En toe trek die ou homself uit, k*k op sy hand en smeer dit oor sy hele gesig sodat die cops hom nie kan arresteer nie!

Gelukkig was die SAPS, wat ook daar aangekom het, nie bang nie en het die ou gekap vir diefstal uit ’n motor.

As jy dink dit kan nie beter nie: Daai selfde aand het die SAPS se K9 unit ’n suspected dealer gevang wat sy eie contraband gesluk het.

Die unit is uitgeroep nadat ’n klag ingedien is van ’n ou wat deal op ’n straathoek in Kraaifontein. Toe hulle die ou spot, sien hulle hoe hy goed in sy bek druk.

Lieg

Maak oop daai mond, boet. Toe spoeg hy vyf Mandrax-­ tablette uit! Die 48-jarige man is toe opgesluit by die Kraaifontein Polisiestasie.

By Site C het cops, besig met crime prevention operasies, die criminals op Sondag mooi geleer: Moenie jouself uit ’n crime probeer lieg nie.

Hulle het op verdagtes afgekom met vyf selfone in hulle besit. Die tweetjies het beweer die fone behoort aan hulle.

Maar hulle kon nie die fone restart nie, want hulle het nie die security codes vir die fone gehad nie. Toe word hulle na die Khayelitsha Polisiestasie gevat vir gesteelde goedere.

JP Smith, mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, sê jy kan nie glo wat mense aanvang om nie gearresteer te word nie.

  • Die metro cops het dié week 33 arrestasies gemaak vir moord, poging tot moord, drug-dealing, weerstand teen arrestasie, en dronkbestuur.

Die traffic cops het 50 verdagtes gearresteer vir DUI en beslag gelê op 125 voertuie en 146 selfone. Hulle het ook 5 060 fines opgelê vir verskeie oortredings.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters