2 maande gelede
Cops en inwoners bots oor grond in Kensington
Kensington housing clash after alleged land-grab
Violence erupted in a Cape Town suburb today when SAPS and the City of Cape Town dismantled allegedly illegal dwellings. The piece of land in question lies between the suburb of Kensington and Wingfield military base, near Goodwood in the city’s Northern Suburbs. It is understood that the land is state-owned. (Picture: Leslie Swartz)  ~ 

KLIPPE is gegooi en rubberkoëls geskiet toe geweld Vrydag in Kensington uitgebreek het.

Dit kom nadat die polisie en die Stad Kaapstad onwettige strukture wat opgerig is afgebreek het.

Die stukgrond wat die grondbesetters geteiken het lê tussen Kensington en die Wingfield-militêre-basis naby Goodwood.

News24 berig dat dit na bewering staatsgrond is.

Volgens Malusi Booi, mayco-lid vir behuising in die stad, is hierdie 'n georkestreerde grondbesetting met skare wat dreigemente maak.

Hy voeg by dat dit nie 'n uitsetting was nie, maar 'n verwydering van nuwe strukture wat opgerig is.

Booi sê: "Die stad tree die geruime tyd op omdat eienaar nie hul grond kan beskerm nie. 

"Dit is ook in die beste belang van die gemeenskap om op te tree."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters