8 maande gelede
Cops bekyk bewerings
groceries
'n Polisievoertuig is glo gebruik om groceries te vervoer.  ~ Skermgreep

DIE polisie ondersoek tans 'n voorval waar 'n polisievoertuig na bewering gebruik is vir shopping.

'n Video van die voorval, getiteld Black Friday Special, is deur wyksraadslid Angus McKenzie op sosiale media gelaai en is reeds meer as 53 000 keer gekyk. 

In die video trek 'n vrou en man met 'n polisieuniform aan 'n trollie na die voertuig waarop staan Grassy Park Visible Policing. Agter hulle is daar 'n ander man en vrou wat ook trollies stoot.

Die groceries word dan agterin die polisie van gepak.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê Grassy Park-polisie is bewus van die bewerings en ondersoek die saak. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters