2 jaar gelede
Cop voor vir marteldood
daarmee heen: Bergsig-inwoners kyk na die muur waarin die bakkie vasgeploeg het. Foto: Isaac Cloete  ~ 

UPINGTON. – Sy was bloedjonk en pragtig, maar is op een van die ergste maniere denk­baar vermoor.

Mense is met afgryse vervul oor die moord op Genoveve Assegaai, oorspronklik van Windhoek.

Die mooi vrou was net 22 jaar oud.

Die gemeenskap wys die vinger na haar boyfriend, die cop Caiphus Hinana. Hy verskyn juis binnekort in die hof.

Die moord is volgens inwoners van Bergsig vroeg Sondagoggend op ’n sokkerveld gepleeg.

Ooggetuies beweer Hinana, oorspronklik van Port Nolloth, is die geweldenaar.

’n Ooggetuie beweer: “Hy het haar eers met ’n base­ball bat langs sy wit Corsa-bakkie geslaan.

“Hy het haar toe weggesleep en oor haar gery.

“Hierna het hy weggery, maar omgedraai en weer bo-oor haar gery.

“Hierna het hy haar voor in sy bakkie inforseer.

“Hy het toe met ’n spoed weggejaag en probeer om ’n ongeluk te maak.”

Veral mense wat naby die sokkerveld woon, is ontsteld oor die wrede voorval.

Hulle vertel ook hulle het ’n baie harde slag gehoor.

Een inwoner skat die tyd op omstreeks vieruur die oggend.

“Toe ek na buite storm, het ek die bakkie teen ’n muur gesien.”

Een van die bure het verder gesê: “Toe die bakkie se linkerdeur oopgemaak word, het die bloed by die meisie se gesig afgestroom.

“Sy het geroggel en het later gesterf.”

Die opsigter by die sportveld het die cops gebel.

Omstanders wou Hinana op die toneel aanrand, maar hulle is gekeer.

’n Polisielid het op ’n bebloede baseball bat afgekom en dit as ’n bewysstuk ingedien.

Adeen Cloete, ’n vriendin van Assegaai, het haar beskryf as bedagsaam, vriendelik en hardwerkend.

Sy het die studente ook graag met hulle probleme gehelp.

Michelle Reed, die hoof van die sakeskool by die North­ern Cape Rural TVET-kollege, waar Assegaai gewerk het, het die jong vrou as stil beskryf.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike ondersoek­direktoraat, het aan Son gesê hulle ondersoek ’n saak van moord. Hy het bevestig Hinana kom môre voor.

Hinana bly intussen in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters