14 dae gelede
Cop voor sy huis geskiet
Konst. Sibusiso GqadusheFOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie en gemeenskap in die Strand is in rou gedompel ná die moord op een van hulle lede op Menseregtedag (21 Maart).

Konst. Sibusiso Gqadu­she is Saterdag 20:00 vermoor by sy huis in Qhelastraat, Makahaza, Khayelitha.

Volgens die polisie is die slagoffer deur twee mans voor sy huis se hek van sy selfoon en beursie beroof.

Sy aanvallers het hom in die rug geskiet.

Pligsgetrou

Gqadu­she het in sy huis probeer inhardloop, maar het ineengestort en is op die toneel dood.

Hy was van diens af toe die voorval plaasgevind het.

Niemand is sover in verband met die voorval ge­arresteer nie.

Verskeie van sy kollegas wat met Son gepraat het, het gesê dat Gqadushe baie pligsgetrou en ’n voorbeeldige lid van die polisie was.

Van sy kollegas was baie geskok toe hulle die nuus ontvang het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters