Verlede maand
Cop skiet homself by eks se huis
selfDood: Die Wes-Kaapse forensiese eenheid is op die skiettoneel.Foto: leon knipe  ~ 

DIE polisie ondersoek ’n voorval waarin een van sy kollegas homself na bewering doodgeskiet het.

Die voorval het Donderdagmiddag in Primrose Park, Manenberg, gebeur.

Die cop, sers. Marvyn Letchman, wat by die polisie se voertuig-garage in Maitland gestasioneer was, het homself na bewering met sy private pistool in sy bors geskiet.

Die voorval het omstreeks 17:30 in Nahoonstraat plaasgevind.

Gespring

’n Informant vertel aan Son Letchman (41) het vyf maande gelede van sy vrou geskei.

Die persoon sê die cop het na sy vrou se huis gegaan om sy kinders te sien.

Hy het toe geloop en teruggekom, waarna hy oor die heining gespring en homself binne die perseel doodgeskiet het, sê die informant.

’n Polisiewoordvoerder, lt.kol. André Traut, het bevestig die voorval word ondersoek. “Daar word vermoed hy het sy eie lewe geneem.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters