11 dae gelede
‘Cop sit my DNS in lyk'
Kalm: Yagyah Robyn (20) sê hy weet niks van sy niggie se moord en rape nie.Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE hof kan vandag hoor hoe ’n vermeende lid van die Junkie Funky-bende en ’n polisieman van Ocean­ View Yagyah Robyn se semen gekry het voordat hulle dit op Camron Britz geplant het.

Robyn (20) het gister koel en kalm in die Kaapse hooggeregshof getuig. Hy loop hof in verband met die moord op en verkragting van Camron (14).

Camron is sy niggie. Haar lyk is op 2 Julie 2017 in bosse nie ver van haar huis nie gevind.

Verskeie getuies het gesê Ya­gyah is laas saam met Camron gesien.

Robyn het gesê hy en “Cammy” (Camron) het destyds met ander mense by ’n ghellieblik gesit.

Hy het opgestaan om huis toe te gaan toe hy haar pa na haar hoor roep het.

“Ek het omgedraai en vir haar gesê haar pa roep haar. Sy het saamgeloop en ons het ’n entjie saam gerook.

Dagga

“Sy het van my weggeloop, maar teruggedraai vir ’n sigaret. Ek het haar een gegee en huis toe gegaan.”

Hy het gesê hy het haar nie weer gesien nie.

Die volgende dag het hy saam met vriende gaan ­ skate en daarna dagga in die berg gaan rook.

“Toe ons van die berg af kom, het ek gehoor Cammy word vermis.

“Kort daarna het ek gehoor haar liggaam is gevind.

“ Toe ek op pad was na die toneel, het ek gehoor die mense soek my, want ek’t haar vermoor. ’n Groep mense het na my aangehardloop gekom. Ek het polisiestasie toe gehardloop.

“Een van hulle het my met ’n panga gegooi.”

Die cops het hom toegekap.

Dr. Sipho Mfolozi van die Victoria-hospitaal het hom dieselfde dag ondersoek. Hy het getuig die beserings aan Robyn se lyf het gelyk soos dié van iemand wat in ’n scuffle betrokke was.

Robyn het gesê die beserings is veroorsaak toe hy van ’n skateboard afgeval het. Hy het gesê hy glo ene Tino Woodward, ’n vermeende bendelid, en ene sers. Moeketsi Raphala het sy DNS, insluitend sy semen, in Camron se geslagsdele en op haar geplant om hom te frame.

Die saak sal vandag voortgaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters