Verlede maand
Cop op patrollie geskiet
Soektog: Die polisie soek die verdagtes wat een van hulle kollegas gisteroggend in Hillview, Muizenberg, raak geskiet het.  ~ Theo Jeptha

’N POLISIEMAN is in die hospitaal opgeneem nadat hy gisteroggend in ’n skietery gewond is.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, Andrè Traut, het die polisie ’n aktiveringsplan in werking gestel met die doel om die verdagtes binne 72 uur ná die voorval te arresteer.

Traut sê die gewonde cop en twee van sy kollegas was omstreeks 06:00 besig met patrolliewerk in St. Edward-weg in Hillview, Muizenberg, toe hulle aangeval is.

Volgens Traut is die cop in ’n stabiele toestand.

Omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Die polisie vra enigeen met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die aanvallers om die polisie se Crime Stop-lyn by 0860010111 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters