6 dae gelede
Cop onder roofverdagtes
Die konstabel was een van nege mans wat na die rooftog gearresteer is.  ~ Foto Ter Illustrasie

NEGE mense, insluitend 'n polisiekonstabel, is gearresteer in verband met 'n gewapende rooftog by 'n Sassa-betaalpunt in KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie het 15 gewapende mans Vrydag beamptes en sekuriteitswagte by die betaalpunt aangehou.  

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê een van die wagte is in die been geskiet.

"Die verdagtes het met 'n groot bedrag geld, 'n voertuig en vier vuurwapens wat aan sekuriteitswagte behoort, gevlug."

Nege van die 15 mans, tussen die ouderdom van 35 en 38 jaar, is kort daarna aangekeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters