13 dae gelede
Cop ‘lek info aan onderwêreld’
df
Die 39-jarige polisieman is die naweek gearresteer.  ~ Grafika ter illustrasie: Tyrone Apollis

'N LID van die polisie se taktiese reaksiespan (TRT) is die naweek gearresteer nadat hy na bewering inligting aan "onsmaaklike figure" in die Kaapse onderwêreld gelek het.

Luidens 'n polisieverklaring is die 39-jarige polisieman tydens 'n intelligensiegedrewe operasie deur die nasionale taakspan, nasionale ingrypingseenheid en TRT gearresteer.

Kol. Katlego Mogale, 'n polisiewoordvoerder, sê die bewering is dat die verdagte tussen 2019 en 2020 deur iemand in die onderwêreld genader is om die teenbende-eenheid binne te dring en hulle van inligting te voorsien in ruil vir geld.

Mogale sê die verdagte gaan saam met drie ander mense van korrupsie aangekla word.

Die vier verskyn Dinsdag in die Bishop Lavis-landdroshof.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters