Verlede maand
Buurtbewakers eis antwoorde by die minister
SOEK ANTWOORDE: Jacob Willemse (links) en Dirk Abrahams wil weet waar hulle staan.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Buurtwag wag angstig op antwoorde oor hoe ’n donasie van ’n minister se kantoor gespandeer is.

Lede van die buurtwag het hulle nou na Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, gewend vir antwoorde.

Volgens die lede sal hulle eers gemoedsrus kry as daar skriftelik op hul vrae geantwoord is.

Hulle kook ook omdat daar vir die buurtwag gesê is hulle mag nie meer saam met die cops werk nie.

Jacob Willemse, ’n buurtwaglid, sê: “Die minister kan gerus met die buurtwag kom vergader. Of sy afgevaardigdes.

“Ons soek antwoorde oor deursigtigheid, want ons is in die duister. Ons beskuldig nie; ons vra net vrae.”

Kantoor

Dirk Abrahams, ook ’n buurtwaglid, vra: “Hoekom moet ons by die polisie verneem ons mag nie meer werk nie?

“Hoe weet ons dit is waar? Die minister of sy kantoor het dan niks vir ons laat weet nie?

“Ons soek van die minister af antwoorde. Die gemeenskap wil weet wat aangaan, want saam met die polisie het ons waardevolle werk vir die gemeenskap gedoen.”

Son het toe oor die buurtwag se vrae ’n e-posnavraag aan Fritz se kantoor gerig.

Die antwoord wat van die minister se kantoor ontvang is, lui: “Die beampte wat die buurtwagprogram bestuur, het my op die hoogte gebring van die vordering van die ondersoek. Daarom is ons posisie tans dat die ondersoek aan die gang is. Ek het nie verdere kommentaar nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters